Press

Exhibiting emerging and established artwork

StilledLife in Volksblad

22 Jun 2020

To View full article visit: https://www.pressreader.com/south-africa/volksblad/20200622/281964609976551 
Foto: CARLA LEWIS
Kryger, ’n steekhaar-terriër, tuur verlangend deur die venster tydens vlak 5 van die nasionale inperking.

As jy jou belewenis van die Covid-19-inperkingstyd in foto’s vasgevang het, het jy nou die kans om dit vir ’n kompetisie in te skryf en wye blootstelling te kry. Andersins sal jou “spogwerk” tog net op jou foon of kamera vergete raak. Turbine Art Fair se Stilled

Life is ’n Covid-19-gemeenskapsprojek wat ’n platform bied vir fotografiese uitbeelding van lewe in die tyd van die pandemie en sy uitwerking op die mens.

Daar is drie kategorieë: #YourStory, #NewNormal en #HelpingHands.

Die beste 100 foto’s sal deur ’n paneel gekies word en aanlyn vertoon word. Later vanjaar sal dit in ’n virtuele fees omgeskep word. Die gekose foto’s word dan deur Strauss & Co opgeveil en die opbrengs aan Business and Arts South Africa (Basa) se noodlenigingsfonds vir kunstenaars geskenk.

Alle inskrywings sal in die kompetisie se sosiale media geplaas word en kan vir die duur van die projek daar besigtig word.

Luidens ’n verklaring het elke Suid-Afrikaner ’n storie te vertel en die meeste daarvan is uniek.

Die beoordelaars is Greg Maloka, Savannah Feeke-Fortune, Musa Nxumalo en Greg Marinovich.

Inskrywings kan tot 19 Julie op die webwerf zealous.co/ turbineartfair/opportunity/ Stilled-Life-/ geplaas word.

to view the full article visit: 

Wys jou foto’s van Covid-tyd